VS Inspektoraat Klagtes - 19 Julie 2012

From: Self <ods@gadgets123.co.za>
To: fs.natinspectorate.complaints@saps.org.za
Subject: Klagte : AO Erasmus : Steynsrus
Date sent: Thu, 19 Jul 2012 08:24:02 +0200


Hierby aangeheg 'n skrywe gerig aan die bevelvoerder van Steynsrus.

Die kaptein het nie vir hierdie skrywe geteken nie omrede sy vir 'n hele week nie beskikbaar was nie en toe ons haar uiteindelik op 'n Vrydagmiddag in die straat raakloop met haar uniform aan, deel sy ons mee dat sy nie nou vir die brief kan teken nie want sy is van diens af. Dit is nou die belangstelling wat die kaptein toon in ons gemeenskap. Die brief is toe aan 'n ondersoekbeampte oorhandig om vir die kaptein te gee.

'n Klagte van aanranding is aanhangig gemaak teen AO Erasmus. Die ondersoekbeampte het baie vinnig Petro Beukman se verklaring kom neem. Nou drie weke later is daar nog geen verklaring van enige van die getuies geneem nie. My vermoede is dat die kaptein die saak wil stop. Gaan daar weereens 'n saak by hierdie polisiestasie toegesmeer word soos met talle ander sake in die verlede?

AO Erasmus se optrede toon duidelik dat hy hom weinig steur aan interne en departementele ondersoeke. Moontlik het hy rede daartoe. Moontlik weet hy dat daar nooit iets van ondersoeke kom nie.

Die hele dorp loop vol stories oor Petro se insident en om daardie rede het ek die kaptein versoek om die gemeenskap in te lig oor die werklike gebeure. Aangesien die kaptein totaal ignorerent is omtrent die aangeleentheid, sal ek nou self die gemeenskap inlig.

Elke dag lees ek in die koerante oor hoe polisiebeamtes lede van die publiek viktimiseer en van die slagoffers word ook vermoor. Dit verbaas my nie want die publiek se klagtes oor die polisie val op dowe ore en die skuldige polisiebeamptes word beskerm ten koste van die publiek.

Ek het ook die kaptein versoek dat sy iets moet doen om Petro teen daardie polisiebeampte te beskerm maar soos verwag kan word ignoreer sy totaal die aangeleentheid. Ek word nou geen ander keuse gelaat om Petro self teen die betrokke polisiebeampte te beskerm nie.

Die uwe

Owen de Scally