From: Self <ods@gadgets123.co.za>
To: fs.natinspectorate.complaints@saps.org.za
Subject: Re: Klagte : AO Erasmus : Steynsrus
Date sent: Wed, 10 Oct 2012 08:03:46 +0200
Nou na meer as 3 maande het daar nog niks met hierdie saak gebeur nie. Elke
keer as ek navraag doen, al is dit soos die klagte hieronder, dan stuur die stasie
vir my 'n nuwe sms met die saaknommer maar dan gebeur daar niks verder nie.
Dit verbaas my nie want die saak is teen 'n polisiebeampte en hulle mag mos
maak wat hulle wil, bogger die publiek wat daaronder lei!
1. Ek sal graag die kontak besonderhede wil hĂȘ van enige afdeling in die SAPD
wat instaat is en bereidwillig is om op te tree teen hierdie polisiebeampte.
Duidelik het die Inspektoraat nie die magtiging om op te tree nie en ons
stasiebevelvoerder weet nie hoe nie of is doodeenvoudig net ignorerend of dalk
net te sleg.
2. Met die mandaat wat by implikasie aan hierdie polisiebeampte verleen is om
voort te gaan met sy kriminele aktiwiteite, lei ons steeds daaronder en word ons
van vooraf deur hom in die straat lastig geval en is dit ook onder my aandag
gebring dat hy so pas weer van oumense gesteel het. Ek hoop die dag wanneer
ek of een van my mense weer lastig geval word en ek buite myself hom ernstig
beseer, ek dieselfde voorreg sal geniet en dat ek nie op enige wyse vervolg sal
word nie, met ander woorde presies dieselfde voorreg wat die polisiebeampte
geniet.
Ek ontvang graag dringend die kontak besonderhede.
Die uwe
Owen de Scally