25 Julie 2013
Die Stasiebevelvoerder
SAPD
Steynsrus
Geagte Kaptein
UITERS SWAK OPTREDE VAN SAPD STEYNSRUS
Op Dinsdag 23 Julie 2013 omstreeks 16:15 is daar by my
perseel ingebreek en het die inbreker (hierna genoem die barbaar) my sweistoestel
uit my motorhuis gesteel en op die vlug geslaan. Me Wanda du Plessis het egter toe
sy oppad van die werk af op die barbaar afgekom en gesien toe die barbaar uit
my perseel vlug met my sweistoestel in sy hand (of dalk eerder sy poot). Op die
hoek van King Edward en Botha strate het die barbaar die sweistoestel laat val
en op me Wanda du Plessis afgestorm en haar met die vuis begin slaan. Die
barbaar het haar platgeslaan en op haar geklim en haar mond toegedruk en haar
verder met die vuis geslaan. Daarna het die barbaar met sy poot gepoog om haar
lugpyp te beseer deur dit herhaaldelik met geweld van haar liggaam weg te ruk.
Ek en mev du Plessis se dogter was in die huis en het die
bloedstollend gille gehoor. Toe ons uit die huis kom het die barbaar reeds op die
vlug geslaan en verbasend genoeg het hy op sy agterpote gehardloop kompleet net
soos ‘n mens.
Me du Plessis was dadelik polisiestasie toe om die klagtes
van inbraak en aanranding aanhangig te maak. Nodeloos om te noem dat daar net
een persoon op diens was. Die beampte het herhaaldelik gepoog om die voertuie
te radio maar sonder enige sukses. Me du Plessis het naderhand moed opgegee en
is terug na die plek waar die barbaar gepoog het om haar te vermoor.
Na sowat 20 minute het daar ‘n polisievoertuig met twee
beamptes opgedaag. Maar mens het ek darem in my lewe al sulke tekort aan
belangstelling gesien, nee ek dink nie so nie. Die beamptes het nie eers uit
die voertuig geklim nie en nie eers ‘n teken getoon dat hulle enigsins gaan
poog om die barbaar te soek nie. Die beamptes het nie eers me du Plessis se
naam gevra nie en het geensins belanggestel om ondersoek te doen na die inbraak
of die plek waar daar gepoog was om me du Plessis te vermoor nie. Al wat gesê
is dat hulle sal uitkyk vir die barbaar. Na sowat 10 minute was die voertuig
terug en al wat die beampte sê is dat hulle nog sal kyk vir die barbaar totdat
hulle van diens afgaan. (Dit was seker net ‘n flou polisiegrappie!) Maar wat
van nadat hierdie beamptes van diens af is, wat moet dan gebeur? Intussen het
ons die antwoord hierop gekry: NIKS nie.
Hier het twee misdade plaasgevind. Eers die inbraak en toe
die poging tot moord. Baie duidelik was die barbaar se intensie om me du
Plessis te vermoor sodat sy hom nie kan
uitken nie. Al kon die polisie nie dadelik die barbaar vastrek nie, is dit
noodsaaklik dat die voorval op rekord geplaas word sodat daar ‘n konneksie
gemaak kan word indien die barbaar ‘n ander misdaad sou pleeg en me du Plessis
hom dan kan uitken.
Met ons vorige ondervinding van hierdie polisiestasie toe me
du Plessis se dogter aangerand was, verbaas hierdie optrede van die polisie my
glad nie. Nog steeds dieselfde patetiese diens waaraan ons vir die laaste paar
jaar aan blootgestel was. Dit is net betreurenswaardig dat almal se veiligheid
in die hande van hierdie polisie moet wees.
Captain I deliberately write this letter in Afrikaans
because you never respond to any of my previous letters the last couple of
years and they were all written in English.
Die uwe
O R de Scally
Afskrifte aan:
- Kolonel Johan van Rensburg
- Volksblad