Wilma van Huyssteen

28 Februarie 2012

Die Kommissaris
Steynsrus SAPD

Geagte Kaptein                                                                                                 

Hiermee verklaar ek Wilhelmina Sophia van Huyssteen, ID nommer 5702250010085, dat op 23 November 2011 om ongeveer 10:30 het AO Erasmus gepoog om sonder toestemming my huis te betree met die doel om items uit my huis te steel.

Ek huur die huis na my wete is die huidige eienaar vir die afgelope 4 jaar in besit van die eiendom. AO Erasmus was voorheen die eienaar van hierdie eiendom.

Op die spesifieke dag het AO Erasmus met sy uniform en met die amptelike voertuig by my huis opgedaag en versoek dat hy sekere items wat in die kombuis vasgeheg is wil verwyder aangesien dit aan hom behoort. Gelukkig was my veiligheidshek gesluit en kon AO Erasmus nie self toegang tot die huis verkry nie.

Ek deel toe AO Erasmus mee dat ek nie sal toelaat dat enige persoon enige item uit die huis sal verwyder, tensy die eienaar van die huis teenwoordig is nie. Hierop het hy hom bloedig vererg en my meegedeel dat ek moet onthou dat hy die eienaar van die huis was en dat hy as polisiebeampte geregtig is om die huis te betree.

Ek het steeds toegang geweier en AO Erasmus het eers gepoog om die veiligheidshek van buite met sy hand deur die tralies die deur oop te sluit maar die ogiesdraad het hom gekeer. Toe ek hom meedeel dat ek nou die eienaar gaan skakel, het hy die veiligheidshek met mening geruk en pluk en ook met die vuis toegetakel.

Ek het die volgende dag die aangeleentheid aan die eienaar meegedeel en hy het bevestig dat hy nie bewus was dat AO Erasmus enige iets uit die huis wou verwyder nie. Die eienaar kan dus hierdie voorval bevestig.

Ek het ook die saak by die plaaslike polisiekantoor aangemeld maar ek is weggewys met die mededeling dat ek nie 'n saak teen 'n polisiebeampte kan maak nie. Ek weet nie of al die polisielede dalk kop in een mus is nie, maar ek het daardie gedagte gekry.

Na my mening het AO Erasmus die naam van die polisie misbruik om toegang tot die huis te kry. Verder glo ek dat hy doelbewus na die huis gekom het om items van 'n ander persoon te steel.

Ek het ook die gedagte dat dit 'n oortreding van ander wette was om items wat permanent in die huis vasgeheg is, los te skroef en te verwyder.

Ek vertrou nie meer die polisie nie en sal nie sommer goedsmoeds 'n polisiebeampte in my huis toelaat nie.






Wilma van Huyssteen
Ek erken ontvangs van die oorspronklike