18
Desember 2015
Die
Kommissaris
Suid
Afrikaanse Polisiediens
Steynsrus
9515
Geagte
Kaptein
KLAGTE TEEN AO LETSELEHA SAPD
STEYNSRUS
Hiermee
dien ek ‘n klagte van intimidasie in teen AO Letseleha van die SAPD te
Steynsrus.
1.
Ek is werksaam as ‘n kassier by JS Foodmarket te Steynsrus.
2.
Op 14 Desember 2015 om ongeveer 10:30 het AO Letseleha by my werk opgedaag en
gevra om met my te praat. AO Letseleha was uiters onbeskof en my die volgende
toegesnou: “Sê vir jou ma sy moet dadelik die gesteelde bees aan die eienaar
besorg en ek gee haar 24 uur om die bees terug te gee of ek arresteer haar.”
2.
Ek het nie geweet waarvan hy praat nie en die saak het ook niks met my te doen
nie.
3.
AO Letseleha het my voor my kollegas en kliente van JS Foodmarket verneder met
sy onbeskofdheid en valslike beskuldigings teen my ma.
Ek
lê hiermee ‘n klagte van intimidasie teen AO Letseleha en ek verwag van u om
onverwyld en sonder versuim teen AO Letseleha op te tree vir die kriminele
klagte wat ek hiermee indien.
Die
uwe