Petro Beukman - ICD

ICD Complaints Form – ICD form 1 1.

Date 11 June 2011 2. Time of Complaint 13:30 3. Method of Receipt  In Person  Third Party  Telephone
 Written 4. SAPS Steynsrus CAS/CR No. CAS 8/6/2011 5.
Complainant’s Name: Hellen Petronella Surname: Beukman First Name: Petro 6.
Name of 3rd Party lodging Complaint (if any) Surname: du Plessis First Name: Wanda 7. Complainant’s Address King Edwardstraat 4 Steynsrus 9515 8. Complainant’s Contact Number 0795848127 9. Complainant’s ID No. 9005080027089 10. City/Town/Province Steynsrus FreeState Postal Code 9515 11. Directions to Complainant’s Home Kroonstad - Bethlehem pad Steynsrus Van Riebeeck ST Regs in Fouche St Links in King Edward St Tweede huis regterkant 12. Victim (If different from Complainant) Surname First Name 13. Complainant’s Occupation Student 14. Work Telephone Number None 15.Complainant’s Work Address None 17. Name of Closest Living Relative Surname: Du Plessis First Name: Wanda Address: King Edwardstraat 4, Steynsrus Relative’s Contact Number 0721521918 18.Date of Incident 11 June 2011 19. Time of Incident 13:30 20. Specific Location of Incident Steynsrus 21. Province FreeState 22.

Give full details of incident: (If needed, please use the back of this form as well)

Ek is op 11 Junie 2011 om 13:30 in die woonbuurt van agter aangeval en in die lang gras van 'n oop veld ingesleep. My aanvaller het my plat gedruk en my probeer verkrag. Toe ek skop en skreeu vir hulp, het hy bo-op my gesit en eers my probeer versmoor en toe dit nie help nie, het hy my aanhoudend met sy vuiste in die gesig geslaan. Gelukkig het my ma my gehoor en te hulp gesnel waarop my aanvaller gevlug het. Die aanvaller is aan my en my ma bekend en kon ons hom maklik identifiseer. My ma het my polisiestasie toe geneem en na 'n lang gesukkel het hulle 'n halfhartige poging aangewend om my aanvaller te soek. Ek en my ma en 'n ander polisieman het saam met AO Erasmus gery en sommer uit die staan spoor was dit duidelik dat Erasmus nie gretig was om my aanvaller te soek nie. Om sake te vererger en om waardevolle tyd verlore te laat gaan stop Erasmus by 'n voetganger in die lokasie en vra toe hierdie persoon nederig om verskoning dat hy nie vandag hom 'n geleentheid met die polisievoertuig kan gee nie want hy wat Erasmus is, is onglukkig nou besig met 'n saak! (Word daar dalk taksie gery met amptelike voertuie?) Erasmus het ook voorgestel dat ek en my ma met ons privaat voertuig die aanvaller soek aangesien daar 'n tekort is aan personeel. My ma het heftig hierop gereageer en uiteindelik is daar voortgegaan met die soektog. (Wat moes ons met die aanvaller doen as ons hom sou kry?) Toe ons uiteindelik die verdagte opspoor kon Erasmus natuurlik glad nie waarneem die verdagte se hare is vol gras, sy klere vol bloed en sy gulp wat nog steeds oop is nie. Toe my ma Erasmus daarop wys vererg hy hom en baie onbeskof sê hy die verdagte se gulp was gebreek en vra hy my of ek die verdagte herken. Ek wat nog geweldig geskok was na die aanval en my oë wat toe geswel was moes eers mooi fokus om te probeer sien. Toe ek nie dadelik Erasmus antwoord nie, het hy baie verergelik gesê ek huiwer en dat dit nie die aanvaller was nie. Erasmus was op die punt om die verdagte te laat gaan. Gelukkig het die swart polisiebeamte ingegryp en na 'n kort ondervraging het die verdagte erken dat hy my aangeval het met die doel om te verkrag. (Ek wonder hoe weet Erasmus dat die verdagte se gulp gebreek was? Doen hy dalk vooraf inspeksie van die kriminele voordat hulle uit gaan vir die dag om hulle dade te gaan doen?) Na die arrestasie het Erasmus op geen stadium 'n poging aangewend om te help reël dat ek mediese behandeling kry nie alhoewel daar dokumente deur 'n geneesheer ingevul moet word wat deel van die polisieondersoek is. Erasmus se optrede en die hantering van die saak was op sy beste betreurenswaardig en ek is oortuig Die Steynsrus se gemeenskap sal beter af wees sonder 'n polisiebeampte soos hy!

1. 2. 3. 23. Name(s)of Service Members(s) Involved in or Witnessing Incident J F Erasmus 24. Rank of the member AO 25. Duty Station Steynsrus 26. Description/Tag No. of Service Vehicles (If any) BSB049BBSB049B 27. Witness (if any) Name Surname Contact numbers Address 28. Additional information