Petro Beukman - 18 Desember 2015

18 Desember 2015


Die Kommissaris
Suid Afrikaanse Polisiediens
Steynsrus
9515

Geagte Kaptein

KLAGTE TEEN AO LETSELEHA SAPD STEYNSRUS

Hiermee dien ek ‘n klagte van intimidasie in teen AO Letseleha van die SAPD te Steynsrus.

1. Ek is werksaam as ‘n kassier by JS Foodmarket te Steynsrus.

2. Op 14 Desember 2015 om ongeveer 10:30 het AO Letseleha by my werk opgedaag en gevra om met my te praat. AO Letseleha was uiters onbeskof en my die volgende toegesnou: “Sê vir jou ma sy moet dadelik die gesteelde bees aan die eienaar besorg en ek gee haar 24 uur om die bees terug te gee of ek arresteer haar.”

2. Ek het nie geweet waarvan hy praat nie en die saak het ook niks met my te doen nie.

3. AO Letseleha het my voor my kollegas en kliente van JS Foodmarket verneder met sy onbeskofdheid en valslike beskuldigings teen my ma.

Ek lê hiermee ‘n klagte van intimidasie teen AO Letseleha en ek verwag van u om onverwyld en sonder versuim teen AO Letseleha op te tree vir die kriminele klagte wat ek hiermee indien.


Die uwe



Petro Beukman

Klagte: Wanda du Plessis